Wednesday, July 27, 2016

Magdatjie my liefie

Magdatjie my liefie
 
Magdatjie my liefie, jy is pragtig, my wragtig
Jou liefde vir my
verbloem die seer
wat ek soms net nie kan keer
 
Hierdie is dan om te sê dankie
dankie vir wat verby is
dankie vir wat nog gaan kom
en dankie vir nou
 
Ons liefde geskenktjies
staan in ons "huis" soos orrelpyppies
en die klank wat hulle maak
is die liefde van hulle pa en ma
 
Jy is vir my belangrik
jou geluk maak vir my saak
jou glimlag maak my bly
by wie naders sal ek soveel geluk kry?

Friday, December 25, 2015

Einde van die jaar

Die laaste post van my was in die begin van die jaar toe ek my nuwejaars doelwitte gestel het. Aan die einde van die jaar wil ek die jaar evalueer.

Geen postings deur die jaar nie...was te besig gewees! Wat n jaar! Baie negatiewe en positiewe dinge gebeur.

Gaan beslis nie weer voornemens maak nie. Kan dit in elk geval nie voldoen nie.

As ek terug kyk was die jaar vir my moeilik, hartseer en uitputtend.

Wat hou die nuwe jaar in? Weet nie maar hoop dat dit n goeie jaar sal wees! Indien nie sal baie dinge in my lewe oor geëvalueer moet word.

Keep you posted!

Monday, January 12, 2015

Nuwe jaar: Missie, vissie, doelwitte en strategie

Dit is al weer 'n nuwe jaar en soos gewoonlik begin ek die jaar deur te beplan wat ek die jaar wil bereik.

Ek het dit saam met my gesin gedoen. Ons het eerstens na die jaar wat verby is gekyk en die goeie en slegte ge-evalueer. Toe het ons God gedank vir Sy hand in ons lewens.

Ons het saam besluit dat om sonder doelwitte vir die jaar die jaar in te gaan sal wees soos 'n veerpuiltjie speler wat gooi na die doel sonder om te mik. Ons het ook ook gese hoe gaan ons weet of die jaar suksesvol was of nie as ons nie doelwitte gestel het nie. Die voorbeeld is gebruik waar die vuurpuiltjie speler gooi sonder om te mik en waar die puiltjie dan lant 'n sirkel te teken en te se ek het die doel bereik!!

Hier is my beplanning:

My missie is: Ek is gebore om God life te hê.

Deu 6:4 Hoor, Israel, die HERE onse God is ‘n enige HERE.
Deu 6:5 Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. My vissie is: Om die beste Basie te wees wat ek kan wees hierdie jaar.

My Doelwitte:
- Voltooi my laaste jaar van klerkskap.
- Voltooi my twee vakke in my studies.
- Om meer gesond te leef.
- Begin om my boek te skryf.

My Strategie: Jammer dit is persoonlik!

My uitdaging aan jou is om dieselfde te doen.

Monday, January 5, 2015

Nuwe jaar en nuwe vooruitsigte

Dit is 'n nuwe jaar en daar is baie om na uit te sien!

Ek wil begin om die hemelse Vader te dank vir die 2014 wat verby is. Sy genade en guns het ons deur die jaar gedra. Dankie.

Daar is baie wat ek hierdie jaar wil bereik en gaan nie my lys hier sit vir almal om te sien nie.

Een ding wat ek wel wil doen is om na my "Blogs" te kyk. Elke blog moet weer ge-evalueer word of dit nodig is of nie. Daar sal doelwitte en strategie gekyk moet word.

Basie

Tuesday, December 2, 2014

Trek hulle uit... trek hulle uit. Al die kleine hasies in die Heer se tuin

Daar is 'n ou bekende sondagskool liedjie wat soos volg gaan:

Vers 1
Trek hulle uit, gooi hulle weg, al die kleine hasies in die koringland, afguns, jaloesie, twis en haat, bly in my hartjie as ek hul toelaat.
Vers 2
Plant hulle in, plant hulle in, al die moeie blomme in die Heer se tuin. Liefde, vrede, blydskap en trou. Al die mooie blomme waarvan Jesus hou.

So 'n paar aande gelede sing ek die sondagskool liedjie saam met my kinders. Nadat ons gesing het bly die jongste vir lank stil en vra toe: "Pappa ons moet die lelike haasies uitrek?" Ek dog dus dit is 'n goeie geleentheid om bietjie 'n les daarvan te maak en wou net begin verduidelik toe val sy my in die rede: "maar wat van die goeie hasies?"

Hoe verduidelik mens vir 'n kind dat dit nie gaan oor goed of sleg nie maar dat alle hasies eintlik sleg is vir die koringland. Veral as ons eienskappe soos jaloesie en twis daaraan koppel.

Daarby is 'n hasie van nature mooi en sag vir 'n kind. 'n Hasie in die tuin sal mooi wees.

Ek moes inderhaas die liedjie verander:
Trek hulle uit, gooi hulle weg, al die kleine hasies in Jesus se tuin, afguns, jaloesie, twis en haat, bly in my hartjie as ek hul toelaat.
Vers 2
Hou hulle daar, pas hulle op, al die mooie hasies in Jesus se tuin. Liefde, vrede, blydskap trou. Al die mooie hasies waarvan Jesus hou.

Groete

Monday, November 10, 2014

Movember - 2014

Dit is moeilik om te dink dat byna 'n jaar verloop het vandat ek my blog begin het.

Laas jaar was Movember van die eerste artikels om my blog....

Ek was baie on-aktief gewees op die blog die laaste paar maande. Maar so baie het gebeur!!

As ek die woorde van iemand anders kan steel: En toe gebeur dit...en toe (beklemtoning) gebeur dit...

My tweede jaar van artikels is amper verby en nog net een jaar bly oor! Ek was in vir 'n operasie (die eerste een sedert my mangels as kind uitgehaal was). Die studies en werk het my lewe oorgeneem!

Maar vandag kan ek darem weer ietsie skryf. My tweede poging vir Movember het ek begin aanpak. Het weer 'n bietjie te lank gewag om te begin maar sal graag my eind poging foto op die blog laai vir almal om te sien.

Tot ons weer chat...

Tuesday, May 6, 2014

'n Brief aan my ma..

In herinnering van wat sy alles vir my gedoen het.

Dit is eers na die tyd wanneer jy terug kyk dat jy besef hoe baie jou ouers vir jou doen! As kind is ek vertel dat ek bevooreg is om ouers soos myne te he. Self my ouers het aan ons gese dat ons moet dankbaar wees vir alles wat hulle vir ons doen. Die hartseer is dat jy dit dan (op daardie tydstip) nie so sien nie.

Ek is een van vier kinders, en as tweede oudste het ek gevoel ek is die kind wat die meeste afgeskeep word. Tog as ek terug kyk kan ek sien dat sy baie spesiale dinge vir my gedoen het, soos: Die soet fruity loops waaroor ek mal was - my ma het gesorg dat daar gereeld van die fruity loops in die huis was. Ek is seker ek was byna die enigste een wat dit ge-eet het. Dan was daar altyd die hoender nekkie by ons Sondag middag ete wat altyd vir my gereserveer was.

Dan het my ma haar VW golfie altyd met my gedeel. Die voorwaarde was natuurlik dat ek hom elke naweek moet was.

Die ervaring wat ek die meeste onthou wanneer ek aan my oorlede ma dink is: wanneer die Gees van God oor haar gekom het en mens die opgewondenheid in haar kon sien en ervaar. Dit voel vir my soos dieselfde opgewondenheid wat ek in myself ervaar in my loop met God.

Wanneer my eie dogters vir my se dat hulle kan nie dink aan enige goeie goed wat ons vir hulle doen nie wil my hart breek. Besef hulle nie hoe gelukkig hulle is nie?

aan Lizelle...