Isa 9:6 (9:5) Want ‘n
Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy
skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader,
Vredevors—
Hoe dikwels die laaste paar weke moes ek besluite neem wat moeilik
is om te maak. Vir van die besluite kon ek verkeie alternatiewe kies en dit
blyk of die verskillende keuses almal my by ‘n voordelige resultaat bring. Die
probleem egter is dat jou besluite die roete is wat jy kies om te volg - en jy
kan slegs een roete volg! Dan weer kan mens nie die toekoms in staar om te kyk
wat die werklike resultaat van jou besluit was nie. Mens kan slegs die besluit
neem op die inligting voorhande en die ‘guts’ gevoel in jou maag – of so het ek
gedink!
Nadat ek een oggend die gedeelte in Jesaja gelees het besef
ek : maar ek het al die raad tot my beskikking! Jesus is ons Raadsman! Ek het
besluit om van my moeilikse keuses met Jesus te deel in gebed. Ek het berusting
gevind dat my Raadsman my sal help met my besluite en gewag op die antwoorde op
my vrae. Ja Jesus antwoord ons. Partymaal deur ander mense partymaal die Bybel
en ook partymaal praat Hy met ons met ‘n stem in ons binneste. Die geheim is
ons moet Sy stem herken en dit dan volg.
Ja ek staan nog voor baie ander moeilike besluite wat ek
moet neem en ek weet hoe ek dit gaan benader. Liewe leser ek moedig u uit om
nes ek u besluite voor die voete van die Raadsman te plaas. En ek het absoluut
vertroue dat die antwoord van die Here die mees voordeligste antwoord is wat
ons kan kry.
Rus in die vrede van die Almagtige.