In herinnering van wat sy alles vir my gedoen het.
Dit is eers na die tyd wanneer jy terug kyk dat jy besef hoe baie jou ouers vir jou doen! As kind is ek vertel dat ek bevooreg is om ouers soos myne te he. Self my ouers het aan ons gese dat ons moet dankbaar wees vir alles wat hulle vir ons doen. Die hartseer is dat jy dit dan (op daardie tydstip) nie so sien nie.
Ek is een van vier kinders, en as tweede oudste het ek gevoel ek is die kind wat die meeste afgeskeep word. Tog as ek terug kyk kan ek sien dat sy baie spesiale dinge vir my gedoen het, soos: Die soet fruity loops waaroor ek mal was - my ma het gesorg dat daar gereeld van die fruity loops in die huis was. Ek is seker ek was byna die enigste een wat dit ge-eet het. Dan was daar altyd die hoender nekkie by ons Sondag middag ete wat altyd vir my gereserveer was.
Dan het my ma haar VW golfie altyd met my gedeel. Die voorwaarde was natuurlik dat ek hom elke naweek moet was.
Die ervaring wat ek die meeste onthou wanneer ek aan my oorlede ma dink is: wanneer die Gees van God oor haar gekom het en mens die opgewondenheid in haar kon sien en ervaar. Dit voel vir my soos dieselfde opgewondenheid wat ek in myself ervaar in my loop met God.
Wanneer my eie dogters vir my se dat hulle kan nie dink aan enige goeie goed wat ons vir hulle doen nie wil my hart breek. Besef hulle nie hoe gelukkig hulle is nie?
aan Lizelle...
Tuesday, May 6, 2014
Sunday, May 4, 2014
Altyd positief!
Dit is vir my veral opvallend dat ek myself moet motiveer om positief te bly wees! Is mens dan nie meer spontaan positief nie?
Selfs my kinders moet die hele tyd gemotiveer word om aan te hou en uit te hou en om hulle beste te gee elke dag! Dit is Bybelversie hier, motivering spreuke daar en baie geselsies en stories tussendeur om te verseker dat ons positief bly!
Wat steel ons positiwiteit? Ek dink dit is 'n kombinasie van gebeure en omstandighede elke dag. Eerstens motivering om dieselfde ding oor en oor te doen elke dag is moeilik. Soos om elke dag skool toe of werk toe te gaan. Natuurlik moet ons dit geniet maar wat van die dae wanneer dit nie so lekker is nie? Tweede aan my lys is ons besig pas van die lewe. Dit is 'n permanente gejaag om iets te bereik! Dit is studies, werksverwagtinge, take en ander dinge wat ons tyd opvat. Dan is daar finansies, die ekonomiese en politiese toestand van ons land, ens.
Vir my bly die antwoord om op my knie te wees en te hoor wat Jesus se. Jesus se woorde aan my was nog altyd: "jy is spesiaal", "daar is niemand soos jy nie", "Ek het 'n plan vir jou lewe" en so kan ek aangaan. Hoe minder tyd ek op my knie spandeer hoe moeiliker is dit om positief te bly!

Subscribe to:
Posts (Atom)