Dit is moeilik om te dink dat byna 'n jaar verloop het vandat ek my blog begin het.
Laas jaar was Movember van die eerste artikels om my blog....
Ek was baie on-aktief gewees op die blog die laaste paar maande. Maar so baie het gebeur!!
As ek die woorde van iemand anders kan steel: En toe gebeur dit...en toe (beklemtoning) gebeur dit...
My tweede jaar van artikels is amper verby en nog net een jaar bly oor! Ek was in vir 'n operasie (die eerste een sedert my mangels as kind uitgehaal was). Die studies en werk het my lewe oorgeneem!
Maar vandag kan ek darem weer ietsie skryf. My tweede poging vir Movember het ek begin aanpak. Het weer 'n bietjie te lank gewag om te begin maar sal graag my eind poging foto op die blog laai vir almal om te sien.
Tot ons weer chat...