Daar is 'n ou bekende sondagskool liedjie wat soos volg gaan:
Vers 1
Trek hulle uit, gooi hulle weg, al die kleine hasies in die koringland, afguns, jaloesie, twis en haat, bly in my hartjie as ek hul toelaat.
Vers 2
Plant hulle in, plant hulle in, al die moeie blomme in die Heer se tuin. Liefde, vrede, blydskap en trou. Al die mooie blomme waarvan Jesus hou.
So 'n paar aande gelede sing ek die sondagskool liedjie saam met my kinders. Nadat ons gesing het bly die jongste vir lank stil en vra toe: "Pappa ons moet die lelike haasies uitrek?" Ek dog dus dit is 'n goeie geleentheid om bietjie 'n les daarvan te maak en wou net begin verduidelik toe val sy my in die rede: "maar wat van die goeie hasies?"
Hoe verduidelik mens vir 'n kind dat dit nie gaan oor goed of sleg nie maar dat alle hasies eintlik sleg is vir die koringland. Veral as ons eienskappe soos jaloesie en twis daaraan koppel.
Daarby is 'n hasie van nature mooi en sag vir 'n kind. 'n Hasie in die tuin sal mooi wees.
Ek moes inderhaas die liedjie verander:
Trek hulle uit, gooi hulle weg, al die kleine hasies in Jesus se tuin, afguns, jaloesie, twis en haat, bly in my hartjie as ek hul toelaat.
Vers 2
Hou hulle daar, pas hulle op, al die mooie hasies in Jesus se tuin. Liefde, vrede, blydskap trou. Al die mooie hasies waarvan Jesus hou.
Groete