Die woorde van die bekende 'song' wat se: 'tussen jou en my le daar 'n berg - dus Tafelberg' is letterlik waar. Vanwaar ek nou deur die venster staan en kyk vanuit die 11de vloer van waar ek tuis gaan le Tafelberg lewensgroot voor my. En ek verlang!
Daar is 'n paar Wonders in die lewe - soos Tafelberg maar ook een van hulle is - tog bly die grootste wonder die liefde wat daar is in 'n familie. Ons almal 'hoort' in 'n familie. Ek glo dit is hoe God dit ingestel het. Die begeerte om deel te wees van iets waar jy onvoorwaardelik liefde en veiligheid kan ervaar. Ek weet dit is nie in al families so nie - tog, is daar by meeste van ons daardie begeerte.
Soos Tafelberg vas staan moet ons familie bande vas staan. Meer nog so ons direkte familie.
Aan my vrou en kinders: mis julle baie!!! en Lief vir julle!!!
No comments:
Post a Comment