Thursday, June 13, 2013

Weinig minder as ‘n goddelike wese


Ek en die kinders lees hierdie gedeelte laas nag in Psalms 8.

Psa 8:3  (8:4) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het—

Psa 8:4  (8:5) wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

Psa 8:5  (8:6) U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

Ek verduidelik vir hulle... om te se jy is ‘n koning of prinses beteken jy is spesiaal... maar as die Skrif se ons is weinig minder as ‘n goddelike wese dan weet ons ons is almal baie spesiaal. 

Verder verduidelik ek: as iemand jou vra “ag wie is jy?” dan moet ons se “weinig minder as ‘n goddelike wese”.

Weet ons regtig hoe belangrik ons is? Daar is niemand anders waarvoor die Koning van die Konings gesterf het nie. Nie die aarde of enige ander skepping is so belangrik soos ons, inteenteel die gedeelte in Psalms se dit is aan ons onderworpe. Om te dink daar bestaan ‘n aarde, sterre, maan, son en planete en alles daarop slegs vir die rede dat daar ‘n mens kans wees!
Wie is jy liewe leser? "Weinig minder as 'n goddelike wese"

No comments:

Post a Comment