Tuesday, July 30, 2013

Raadsman


Isa 9:6  (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Hoe dikwels die laaste paar weke moes ek besluite neem wat moeilik is om te maak. Vir van die besluite kon ek verkeie alternatiewe kies en dit blyk of die verskillende keuses almal my by ‘n voordelige resultaat bring. Die probleem egter is dat jou besluite die roete is wat jy kies om te volg - en jy kan slegs een roete volg! Dan weer kan mens nie die toekoms in staar om te kyk wat die werklike resultaat van jou besluit was nie. Mens kan slegs die besluit neem op die inligting voorhande en die ‘guts’ gevoel in jou maag – of so het ek gedink!

Nadat ek een oggend die gedeelte in Jesaja gelees het besef ek : maar ek het al die raad tot my beskikking! Jesus is ons Raadsman! Ek het besluit om van my moeilikse keuses met Jesus te deel in gebed. Ek het berusting gevind dat my Raadsman my sal help met my besluite en gewag op die antwoorde op my vrae. Ja Jesus antwoord ons. Partymaal deur ander mense partymaal die Bybel en ook partymaal praat Hy met ons met ‘n stem in ons binneste. Die geheim is ons moet Sy stem herken en dit dan volg.

Ja ek staan nog voor baie ander moeilike besluite wat ek moet neem en ek weet hoe ek dit gaan benader. Liewe leser ek moedig u uit om nes ek u besluite voor die voete van die Raadsman te plaas. En ek het absoluut vertroue dat die antwoord van die Here die mees voordeligste antwoord is wat ons kan kry.

Rus in die vrede van die Almagtige.

No comments:

Post a Comment