Het gister toets geskryf vir 6 ure lank! Ek het myself so goed moontlik probeer voorberei vir hierdie toets moontlik. Sondag al die middag begin afskaal met al my leer en werkies. Vroeg gaan stort. Lekker voor die televisie gesit en rus vir so 'n uurtjie en toe so 9 uur gaan probeers slaap. Dit is hier waar die probleem ontstaan het aangesien ek nie aan die slaap kon raak nie. Maak nie saak wat ek doen nie niks wou werk nie: ek het gebid - skape tel het ek nog nooit probeer nie -, ek het aan my lekker plek gedink (dit is natuurlik die plek waarvan jy die meeste hou - myne is by die see), ek het myself ingedink hoe ek 'n krieket wedstryd speel... Niks wou werk nie.
Hoe later die aand word hoe meer gefrustreerd het ek geraak en hoe minder wou die slaap nader kom. Het later maar weer opgestaan en televisie gaan kyk. Ek kon my liggaam nie vertel om af te skakel nie. Ek het myself so voorberei vir die toets dat my liggaam natuurlik homself voorberei het deur ekstra adrenalien of iets te pomp (ek se iets want dit was "potent").
Noodloos om te se het ek die aand minder as drie ure se slaap in gekry! Na gister se 6 ure toets het ek laas nag soos 'n babatjie geslaap.
No comments:
Post a Comment