Dit is vir my veral opvallend dat ek myself moet motiveer om positief te bly wees! Is mens dan nie meer spontaan positief nie?
Selfs my kinders moet die hele tyd gemotiveer word om aan te hou en uit te hou en om hulle beste te gee elke dag! Dit is Bybelversie hier, motivering spreuke daar en baie geselsies en stories tussendeur om te verseker dat ons positief bly!
Wat steel ons positiwiteit? Ek dink dit is 'n kombinasie van gebeure en omstandighede elke dag. Eerstens motivering om dieselfde ding oor en oor te doen elke dag is moeilik. Soos om elke dag skool toe of werk toe te gaan. Natuurlik moet ons dit geniet maar wat van die dae wanneer dit nie so lekker is nie? Tweede aan my lys is ons besig pas van die lewe. Dit is 'n permanente gejaag om iets te bereik! Dit is studies, werksverwagtinge, take en ander dinge wat ons tyd opvat. Dan is daar finansies, die ekonomiese en politiese toestand van ons land, ens.
Vir my bly die antwoord om op my knie te wees en te hoor wat Jesus se. Jesus se woorde aan my was nog altyd: "jy is spesiaal", "daar is niemand soos jy nie", "Ek het 'n plan vir jou lewe" en so kan ek aangaan. Hoe minder tyd ek op my knie spandeer hoe moeiliker is dit om positief te bly!
No comments:
Post a Comment