Daar was ‘n tyd in die geskiedenis van die volk – nog
voordat hulle ‘n koning gehad het – dat God hulle gelei het met Rigters. Ek se
vir my kinders dat die werk van die rigters was om rigting aan te wys vir die
volk van Israel. Interessant was dat die Rigters nie eerstens deur die mense
gekies was nie, dat hulle nie spesiale opleiding gehad het nie en dat hulle
almal nie dieselfde karakter eienskappe gehad het nie. Die Rigter was deur God
gekies met die karakter eienskappe wat hy gehad het spesifiek vir die
omstandighede waarin die volk was en om die volk te help verlos uit die hand
van die vyande.
Ek glo in vandag se tyd kort ons ook nog die werk van die
Rigter: iemand wat ons kan help om die regte besluite te maak, wat ons die
regte rigting kan wys om te gaan. Hierdeur se ek nie dat ons nie direk na God
kan gaan om ons rigting te wys nie dit klink net heelwat makliker as iemand vir
jou die rigting kan wys.
Partymaal is ons die rigtingwysers vir hierdie wereld en
partymaal wys ons vir mekaar die rigting wat ons moet gaan. En dit is nie altyd
die gelowiges wat ons rigting wys nie - partymaal moet ons luister na die
kinders, die armes en die behoeftiges – hulle gaan ons dwing om iets te doen
waarvoor ons nie eers ‘n stem nodig het om vir ons te se om te doen nie – om reg
te doen aan hulle wat dit die nodigste het.
No comments:
Post a Comment