Thursday, October 24, 2013

Blou bulle

Daar is sommiges wat daarvan hou om met die bulle te spot: hierdie een is vir julle:
 
 
 
 
En vir al die ander NORMALE mense: 
 

Wednesday, October 23, 2013

Die lewe is nie monopolie nie

Mens is geneig om jou lewe met alles te wil vergelyk, en ek vergelyk dikwels myself tenoor ander: wat moes ek teen hierdie stadium in my lewe bereik het? ens. Ons vergelyk ons huise, voertuie en ander besittings met dit wat ander besit. Soms raak die vergelykings bietjie uit verhouding en vergesog!

Om monopolie te speel eis da jy op 'n sekere manier moet dink: jy moet eiendom so vining moontlik koop voordat die kompetisie dit koop, jy moet op die eiendomme bou om meer geld uit die kompetisie te maak (en dit so vining moontlik anders bou hulle op hul persele en dan het jy moeilikheid).

Die afgelope naweek het ek myself gevind waar ek my lewe vergelyk met die van 'n monopolie speletjie met die gedagte om so vining moontlik rykdom te wil versamel. Tot ek met dieper insig (seker maar van bo) besef dat die lewe nie 'n monopolie speletjie is nie. Eerstens in monopolie is mens wins bejaag - in die werklike lewe gaan nie alles oor wins nie maar is daar ook sosiale en geestelike aspekte wat vir die mens belngrik is. In monopolie kom kanse om eiendom te koop net eenmaal en as jy dit laat verbygaan dan het jy dit moontlik verloor  - dit is nie waar in die werklike lewe nie. Geleenthede kom partymaal daagliks op mens se pad. Monopolie is 'n speletjie terwyl die lewe 'n werklikheid is.

Moedswillig kom die gedagte dat wat help dit om die speletjie te speel en nie die "game" te geniet nie? Se Salomo nie dat alles 'n gejaag na wind is nie? Ek moet myself berispe... Basie jy moet meer die lewe geniet! Los nou die verdomde vergelykings!!

Groete

Monday, October 21, 2013

Never Gonna be as big as JESUS!

Nog een van my gunstellinge! Hierdie een is vir al die jong mense.


Sit die klank hard en geniet dit!

Jason Upton (2)

Dit is my tweede video van Jason Upton en ek dink ek moet so bietjie meer oor die ou se.

Ek het een van sy liedjies seker so 17 jaar gelede gehoor en die liriek het in my kop vasgesteek. Ek het onlangs probeer vastel waar die liedjie vandaan kom en op die naam Jason Upton afgekom.

Gedeelte van liriek:


Well, we live in a country supposedly Pharaohless
But all over town and in churches abide
Powerful weaklings who practice they're politics
Stealing from Jesus his beautiful bride
Whether you're Pharisees, Sadducees, heresies
You best get outta God's way!


Sien die hele liriek by http://churchbasics.blogspot.com/

Monday, October 14, 2013

Facebook

Facebook is verslawend...wel dit weet meeste van ons. Die gogga het my nooit regtig gebyt nie, of so het ek gedink!

Met die wat ek meer gereeld van die Gautrein dienste gebruik as vervoermiddel na my werk in Centurion het ek ook meer tyd op hande wanneer ek so alleen of op die bus of op die trein sit. Wat is makliker as om gou deur jou foon in jou facebook profiel te gaan?

Eers het ek begin deur na die fotos van my ou vriende te gaan - hoe pragtig! Meeste my ouderdom is getroud en het kinders. Opmerkend is dat meeste van die fotos om die kinders draai. My eie profiel het baie meer fotos oor my kinders as oor myself. Die fotos 'browse' alleen kan 'n aansienlike tyd van jou dag neem. Natuurlik is daar sekere profiele waar die fotos so mooi is dat jy dit weer en weer wil gaan kyk.

Dan is dit "about" gedeelte: dit is nou die gedeelte wat vertel waar het jy skool gegaan, was jy universiteit toe en ander persoonlike inligting. Wat het al die ander (meeste skool) vriende met hulle lewens aangevang? Ek het nooit verwag om te sien hoeveel van die ou vriende land-uit is nie.

Ek het gehoor hulle se dat Facebook jou depresief kan maak. Dit gaan glo daaroor dat jy jou eie lewe vergelyk met ander sin en dan voel dat jou lewe baie 'boring' is. Wel ek raak nog nie depresief nie! Wat my wel laat wonder is hoe is dit dat al die vriende wat ons op skool so "gemiddeld" was (dit is nou die wat nie uitgestaan het uit die 'crowd' nie) nou eweskielik so interessant geword het?

Daar is 'n grappie oor Facebook op die internet wat naastenby soos volg gaan: "As jou facebook foto 'n foto van jouself is: is sekere mense (dit is nou die manne) seker 'cyborgs' - want hulle het 'n foto van 'n voertuig op hul profiel!

Lekker lees op facebook!

Thursday, October 10, 2013

'n Gejaag na wind

Daar is 'n liedjie wat gaan oor die gejaag van die lewe. Ek het die woorde aangeheg.

Ons hoor orals ons moet 'n visie he...'n plan he wat ons moet na streef. Gewoonlik motiveer ons visie ons om nuwe hoogtes te bereik - en dit is goed! Die probleem is wanneer ons so gefokus is op die visie dat ons die reis na die verwesenliking van die visie nie geniet nie. Sal die bereik van ons mikpunte vir ons 'n anti-klimaks wees? Sal alles die moeite werd voor gewees het om na te streef?

Liewe leser ek wil u nie negatief beinvloed nie, inteendeel wil ek u motiveer om elke dag te geniet. Die waarheid is dat elke dag wat verby is - is vir altyd verby...en ons kan dit nooit weer oor he nie. Ons moet die beste uit elke dag haal maak nie saak wat die lewe aan ons opdis nie. 'n Visie is baie goed en ons almal moet weet waarnatoe ons gaan, maar die bestaan van 'n visie waarborg nie geluk nie. Streef met blydskap!




Gejaag na wind by Seereus.
Gejaag na Wind
(Vula ama phigo)
Gedagte: So ‘n ou spreekwoord kry vir my nuwe betekenis en dra krag in die woorde vula ama phigo wat beteken sprei jou vlerke.

Vers
Ons doen nie wat ons graag wil nie, ons gee nie wat ons kry nie.
En hoop dan al ons goedheid op terwyl ander dit benodig.
Ons kom nie by mekaar uit nie, ons maak nie meer die tyd nie.
In ‘n daaglikse gejaag na status kry ons veels te min rus.
Pre-koor
En duidelik is ons maar net mens in ons strewe na sukses.
Die liefde word benodig in ons jaar-na-jaar bestaan.
Koor
Gejaag na wind, op soek na iets.
Gejaag deur iets, op soek na wind.
En wanneer jy jou antwoord kry; sou jy dit nog wou hĂȘ??
Vers
Vandag het jy meer geld gemaak om beter brood te koop,
want dalk is daar geluk versteek in jou raaisel lewensloop.
As die vlerke van jou vryheid uitgestrek gedroom word,
sal die onweer jou nie keer om te gaan sweef waar jy hoort.



Tuesday, October 8, 2013

Nuwe blog

Nog 'n nuwe blog deur myself. Het ek so baie om te se? Nee.. nie regtig nie. Die ding is ek soek 'n blog waar ek my eie opinie oor die kerk kan lig en terselfde tyd baie "gratis" bronne "resources" kan versprei aan enige iemand wat sou belangstel. Gaan kyk gerus oor die volgende paar weke hoe die inhoud in die blog vergroot. http://churchbasics.blogspot.com/

Groete,

Wednesday, October 2, 2013

Gautrein

Het besluit om van die Gautrein dienste gebruik te maak as vervoer na my werk (en natuurlik terug), vandag. Die ervaring was glad nie so sleg as wat ek gedink het dit sal moontlik wees nie.

Eerstens moes ek met die bus vanaf die huis stad toe vat. Dan die groot kopseer om die Gautrein bus-roete stop te kry in die stad. Mens is bang vir die stad want daar is so baie mense... en daar is die verskuilde idee dat in die stad die skelms op die strate rondloop. Wel ek het geen skelm raakgeloop nie. Inteendeel die stads mense was gaaf genoeg om my na die Gautrein bus stop te verwys. Eers op die Gautrein bus gaan alles vining en maklik. Die bus vat jou reg in die stasie in... en in 'n kwessie van +- sewe minute is jy op die trein en nog sewe minute in Centurion.

Nou ja - die terugtog wag nog...

Groete,

Tuesday, October 1, 2013

Om Kontroversieel te wees.

Jammer ek was bietjie af met studie verlof - maar is nou weer hard besig met my Blog!! Ek het baie interessante dinge wat voorle vir die blog so hou hierdie spasie dop!!

Hiermee 'n artikel wat ek geskryf het oor kontroverse:
Mens hou oor die algemeen nie van mense wat kontroversieel is nie. Inteendeel word mense wat kontroversieel is gesien as persone wat altyd ‘n stryery of ‘n punt van konflik veroorsaak. In hierdie baie kort artikel wil ek dit juis aanmoedig om kontroversieel te wees.

Die HAT definieer die woord kontroversieel as “Wat aanleiding gee of kan aanleiding gee tot kontroverse” , en definieer die woord kontroverse as “Pennestryd, twispunt onder geleerdes”.

Soos reeds genoem by my inleiding is ons geneig om vandag met ‘n frons te kyk na mense wat kontroversieel is. Verder is ons as mens geneig om dit wat ons as kosbare waarhede of kennis vir ons self opgemaak het te beskerm teen alle koste, en persone wat hierdie waarhede van ons wil kom deurmekaar maak word gesien as “pasop”persone. Ek wil kontroversiele gesprekvoering egter aanmoedig en vir die volgende redes:

Dikwels wys die vrae van kontroversiele persone op swakhede in ons sienswyses of teologie. Natuurlik hou ons nie daarvan nie want dit krap ons sienswyses deurmekaar. Maar nou gee dit ons die geleentheid om weer ons sienswyses (of natuurlik ons teologie) onder die vergrootglas te plaas en om ‘meer’ ,en by meer word bedoel duideliker en beter, verklarings vir ons sienswyses te kry. Deur hierdie proses word ons oorspronklike sienswyse sterker en beter. Kontroversie kan dus lei dat ons ons sienswyses verbeter.

Kontroversie word ook dikwels gekoppel aan Post Modernisme. Die postmoderne sienswyse dat waarheid altyd vloeibaar is en nooit konstand is nie kom hier na ons gedagte. Daarom word daar gese dat postmoderne persone geen waarheid het nie. Dit is egter nie ‘n ware weergawe van die postmoderne sienswyse van waarheid nie. Postmoderne sienswyse moedig eerder gesprekvoering aan oor waarheid. Vanaf ‘n postmoderne sienswyse is waarheid nie net waarheid omdat dit aan ons oorgedra is deur vorige generasies of omdat dit so aan ons geleer is nie. Postmoderne sienswyse se inderdaad op ‘n individiele vlak: soek die waarheid jouself! My oortuiging is dat postmoderne persone dikwels sterker oortuigings, sienswyses en waarhede het omdat dit wat hulle het (glo)- hul by hulself opgemaak het.   

As nog ‘n punt wil ek graag noem dat alles wat nuut is dikwels vir ons kontroversieel voel. As mens hou ons nie van verandering nie. Ons lewe egter in ‘n snelgroeiende en veranderde omgewing. Tegnologiese vooruitgang en wetenskaplike uitvindsels is op hul hoogste. In hierdie tydperk verander die teorie van meeste van die wetenskappe se inligting dikwels. Albert Eienstein het gese toe hy op die deurbraak was van ‘n nuwe uitvindsel dat dit vir hom voel asof hy in die lug staan met geen fondasie onder hom nie. Die rede vir hierdie gevoel was omdat hy homself bevind het waar niemand anders hul bevind het nie, hy het himself bevind in onbekende tereine. Dit is juis op hierdie onbekende gronde wat student aangemoedig word om te beweeg in hulle Doktorale studies. Op Doktorale vlak moet jy ‘n toevoeging tot die wetenskap maak. Die vraag is as nuwe sienswyses oin wetenskap aangemoedig word waarom skiet ons die kontroversiele gespreke van mense so maklik af.

 Op Teologiese vlak het ek die volgende te se: Die NG kerk het reeds in die 90tige jare kontroversiele studie gedoen oor kerk finansies, die Baptiste kerk het in die vroe 2000 reeds studie oor Postmodernisme en “Simple Structures” gedoen wat ons vandag as kontroversieel sien. In teendeel by beide van die genootskappe word joernale gepubliseer met die sienswyses van die opkomende kenners in hul vakgebied. Hierdie sienswyses is nie altyd korrek nie maar word aangemoedig. Kontroversiele gespreke is nodig en moet binne in elke organisasie aangemoedig word en bespreek word in ‘n nie vyandige omgewing.   

As afsluiting  wil ek noem dat ek nie vir rusie en twis onder broers en susters staan nie en dit ook glad nie aanmoedig nie. Ek dink ons het nodig om meer toeganklik te wees teenoor persone wat anders as ons dink. As ons nie van iets hou nie dan het ons die reg om ons eie sienswyse te vorm maar ons het nie die reg om ander se sienswyses simier af te skiet nie. Kontroversiele gespreke moet nooit lighartig wees met die doel om ons te kry om ons sienswyses af te water of om laer standaarde te handhaaf nie. Kontroversiele gesprekke moet ons sienswyses versterk en ‘n groter liefde vir waarheid tussen persone opwakker.

Met hierdie kontroversiele gesprek... groete.