Tuesday, October 1, 2013

Om Kontroversieel te wees.

Jammer ek was bietjie af met studie verlof - maar is nou weer hard besig met my Blog!! Ek het baie interessante dinge wat voorle vir die blog so hou hierdie spasie dop!!

Hiermee 'n artikel wat ek geskryf het oor kontroverse:
Mens hou oor die algemeen nie van mense wat kontroversieel is nie. Inteendeel word mense wat kontroversieel is gesien as persone wat altyd ‘n stryery of ‘n punt van konflik veroorsaak. In hierdie baie kort artikel wil ek dit juis aanmoedig om kontroversieel te wees.

Die HAT definieer die woord kontroversieel as “Wat aanleiding gee of kan aanleiding gee tot kontroverse” , en definieer die woord kontroverse as “Pennestryd, twispunt onder geleerdes”.

Soos reeds genoem by my inleiding is ons geneig om vandag met ‘n frons te kyk na mense wat kontroversieel is. Verder is ons as mens geneig om dit wat ons as kosbare waarhede of kennis vir ons self opgemaak het te beskerm teen alle koste, en persone wat hierdie waarhede van ons wil kom deurmekaar maak word gesien as “pasop”persone. Ek wil kontroversiele gesprekvoering egter aanmoedig en vir die volgende redes:

Dikwels wys die vrae van kontroversiele persone op swakhede in ons sienswyses of teologie. Natuurlik hou ons nie daarvan nie want dit krap ons sienswyses deurmekaar. Maar nou gee dit ons die geleentheid om weer ons sienswyses (of natuurlik ons teologie) onder die vergrootglas te plaas en om ‘meer’ ,en by meer word bedoel duideliker en beter, verklarings vir ons sienswyses te kry. Deur hierdie proses word ons oorspronklike sienswyse sterker en beter. Kontroversie kan dus lei dat ons ons sienswyses verbeter.

Kontroversie word ook dikwels gekoppel aan Post Modernisme. Die postmoderne sienswyse dat waarheid altyd vloeibaar is en nooit konstand is nie kom hier na ons gedagte. Daarom word daar gese dat postmoderne persone geen waarheid het nie. Dit is egter nie ‘n ware weergawe van die postmoderne sienswyse van waarheid nie. Postmoderne sienswyse moedig eerder gesprekvoering aan oor waarheid. Vanaf ‘n postmoderne sienswyse is waarheid nie net waarheid omdat dit aan ons oorgedra is deur vorige generasies of omdat dit so aan ons geleer is nie. Postmoderne sienswyse se inderdaad op ‘n individiele vlak: soek die waarheid jouself! My oortuiging is dat postmoderne persone dikwels sterker oortuigings, sienswyses en waarhede het omdat dit wat hulle het (glo)- hul by hulself opgemaak het.   

As nog ‘n punt wil ek graag noem dat alles wat nuut is dikwels vir ons kontroversieel voel. As mens hou ons nie van verandering nie. Ons lewe egter in ‘n snelgroeiende en veranderde omgewing. Tegnologiese vooruitgang en wetenskaplike uitvindsels is op hul hoogste. In hierdie tydperk verander die teorie van meeste van die wetenskappe se inligting dikwels. Albert Eienstein het gese toe hy op die deurbraak was van ‘n nuwe uitvindsel dat dit vir hom voel asof hy in die lug staan met geen fondasie onder hom nie. Die rede vir hierdie gevoel was omdat hy homself bevind het waar niemand anders hul bevind het nie, hy het himself bevind in onbekende tereine. Dit is juis op hierdie onbekende gronde wat student aangemoedig word om te beweeg in hulle Doktorale studies. Op Doktorale vlak moet jy ‘n toevoeging tot die wetenskap maak. Die vraag is as nuwe sienswyses oin wetenskap aangemoedig word waarom skiet ons die kontroversiele gespreke van mense so maklik af.

 Op Teologiese vlak het ek die volgende te se: Die NG kerk het reeds in die 90tige jare kontroversiele studie gedoen oor kerk finansies, die Baptiste kerk het in die vroe 2000 reeds studie oor Postmodernisme en “Simple Structures” gedoen wat ons vandag as kontroversieel sien. In teendeel by beide van die genootskappe word joernale gepubliseer met die sienswyses van die opkomende kenners in hul vakgebied. Hierdie sienswyses is nie altyd korrek nie maar word aangemoedig. Kontroversiele gespreke is nodig en moet binne in elke organisasie aangemoedig word en bespreek word in ‘n nie vyandige omgewing.   

As afsluiting  wil ek noem dat ek nie vir rusie en twis onder broers en susters staan nie en dit ook glad nie aanmoedig nie. Ek dink ons het nodig om meer toeganklik te wees teenoor persone wat anders as ons dink. As ons nie van iets hou nie dan het ons die reg om ons eie sienswyse te vorm maar ons het nie die reg om ander se sienswyses simier af te skiet nie. Kontroversiele gespreke moet nooit lighartig wees met die doel om ons te kry om ons sienswyses af te water of om laer standaarde te handhaaf nie. Kontroversiele gesprekke moet ons sienswyses versterk en ‘n groter liefde vir waarheid tussen persone opwakker.

Met hierdie kontroversiele gesprek... groete.

No comments:

Post a Comment