Monday, October 14, 2013

Facebook

Facebook is verslawend...wel dit weet meeste van ons. Die gogga het my nooit regtig gebyt nie, of so het ek gedink!

Met die wat ek meer gereeld van die Gautrein dienste gebruik as vervoermiddel na my werk in Centurion het ek ook meer tyd op hande wanneer ek so alleen of op die bus of op die trein sit. Wat is makliker as om gou deur jou foon in jou facebook profiel te gaan?

Eers het ek begin deur na die fotos van my ou vriende te gaan - hoe pragtig! Meeste my ouderdom is getroud en het kinders. Opmerkend is dat meeste van die fotos om die kinders draai. My eie profiel het baie meer fotos oor my kinders as oor myself. Die fotos 'browse' alleen kan 'n aansienlike tyd van jou dag neem. Natuurlik is daar sekere profiele waar die fotos so mooi is dat jy dit weer en weer wil gaan kyk.

Dan is dit "about" gedeelte: dit is nou die gedeelte wat vertel waar het jy skool gegaan, was jy universiteit toe en ander persoonlike inligting. Wat het al die ander (meeste skool) vriende met hulle lewens aangevang? Ek het nooit verwag om te sien hoeveel van die ou vriende land-uit is nie.

Ek het gehoor hulle se dat Facebook jou depresief kan maak. Dit gaan glo daaroor dat jy jou eie lewe vergelyk met ander sin en dan voel dat jou lewe baie 'boring' is. Wel ek raak nog nie depresief nie! Wat my wel laat wonder is hoe is dit dat al die vriende wat ons op skool so "gemiddeld" was (dit is nou die wat nie uitgestaan het uit die 'crowd' nie) nou eweskielik so interessant geword het?

Daar is 'n grappie oor Facebook op die internet wat naastenby soos volg gaan: "As jou facebook foto 'n foto van jouself is: is sekere mense (dit is nou die manne) seker 'cyborgs' - want hulle het 'n foto van 'n voertuig op hul profiel!

Lekker lees op facebook!

No comments:

Post a Comment