Wednesday, October 23, 2013

Die lewe is nie monopolie nie

Mens is geneig om jou lewe met alles te wil vergelyk, en ek vergelyk dikwels myself tenoor ander: wat moes ek teen hierdie stadium in my lewe bereik het? ens. Ons vergelyk ons huise, voertuie en ander besittings met dit wat ander besit. Soms raak die vergelykings bietjie uit verhouding en vergesog!

Om monopolie te speel eis da jy op 'n sekere manier moet dink: jy moet eiendom so vining moontlik koop voordat die kompetisie dit koop, jy moet op die eiendomme bou om meer geld uit die kompetisie te maak (en dit so vining moontlik anders bou hulle op hul persele en dan het jy moeilikheid).

Die afgelope naweek het ek myself gevind waar ek my lewe vergelyk met die van 'n monopolie speletjie met die gedagte om so vining moontlik rykdom te wil versamel. Tot ek met dieper insig (seker maar van bo) besef dat die lewe nie 'n monopolie speletjie is nie. Eerstens in monopolie is mens wins bejaag - in die werklike lewe gaan nie alles oor wins nie maar is daar ook sosiale en geestelike aspekte wat vir die mens belngrik is. In monopolie kom kanse om eiendom te koop net eenmaal en as jy dit laat verbygaan dan het jy dit moontlik verloor  - dit is nie waar in die werklike lewe nie. Geleenthede kom partymaal daagliks op mens se pad. Monopolie is 'n speletjie terwyl die lewe 'n werklikheid is.

Moedswillig kom die gedagte dat wat help dit om die speletjie te speel en nie die "game" te geniet nie? Se Salomo nie dat alles 'n gejaag na wind is nie? Ek moet myself berispe... Basie jy moet meer die lewe geniet! Los nou die verdomde vergelykings!!

Groete

No comments:

Post a Comment