Ons hoor orals ons moet 'n visie he...'n plan he wat ons moet na streef. Gewoonlik motiveer ons visie ons om nuwe hoogtes te bereik - en dit is goed! Die probleem is wanneer ons so gefokus is op die visie dat ons die reis na die verwesenliking van die visie nie geniet nie. Sal die bereik van ons mikpunte vir ons 'n anti-klimaks wees? Sal alles die moeite werd voor gewees het om na te streef?
Liewe leser ek wil u nie negatief beinvloed nie, inteendeel wil ek u motiveer om elke dag te geniet. Die waarheid is dat elke dag wat verby is - is vir altyd verby...en ons kan dit nooit weer oor he nie. Ons moet die beste uit elke dag haal maak nie saak wat die lewe aan ons opdis nie. 'n Visie is baie goed en ons almal moet weet waarnatoe ons gaan, maar die bestaan van 'n visie waarborg nie geluk nie. Streef met blydskap!

Gejaag na
wind by Seereus.
Gejaag na Wind (Vula ama phigo)
Gedagte: So ‘n ou spreekwoord kry vir my nuwe betekenis en dra krag in die woorde vula ama phigo wat beteken sprei jou vlerke.
Vers
Ons doen nie wat ons graag wil nie, ons gee nie wat ons kry nie.
En hoop dan al ons goedheid op terwyl ander dit benodig.
Ons kom nie by mekaar uit nie, ons maak nie meer die tyd nie.
In ‘n daaglikse gejaag na status kry ons veels te min rus.
Pre-koor
En duidelik is ons maar net mens in ons strewe na sukses.
Die liefde word benodig in ons jaar-na-jaar bestaan.
Koor
Gejaag na wind, op soek na iets.
Gejaag deur iets, op soek na wind.
En wanneer jy jou antwoord kry; sou jy dit nog wou hĂȘ??
Vers
Vandag het jy meer geld gemaak om beter brood te koop,
want dalk is daar geluk versteek in jou raaisel lewensloop.
As die vlerke van jou vryheid uitgestrek gedroom word,
sal die onweer jou nie keer om te gaan sweef waar jy hoort.
No comments:
Post a Comment