Het besluit om van die Gautrein dienste gebruik te maak as vervoer na my werk (en natuurlik terug), vandag. Die ervaring was glad nie so sleg as wat ek gedink het dit sal moontlik wees nie.
Eerstens moes ek met die bus vanaf die huis stad toe vat. Dan die groot kopseer om die Gautrein bus-roete stop te kry in die stad. Mens is bang vir die stad want daar is so baie mense... en daar is die verskuilde idee dat in die stad die skelms op die strate rondloop. Wel ek het geen skelm raakgeloop nie. Inteendeel die stads mense was gaaf genoeg om my na die Gautrein bus stop te verwys. Eers op die Gautrein bus gaan alles vining en maklik. Die bus vat jou reg in die stasie in... en in 'n kwessie van +- sewe minute is jy op die trein en nog sewe minute in Centurion.
Nou ja - die terugtog wag nog...
Groete,
No comments:
Post a Comment