Friday, December 13, 2013

Laaste werksdag vir hierdie jaar 2013

Yippie! Dit is my laaste werksdag vir hierdie jaar en dit eindig op Vrydag die 13de.

Van more af sal ek by die huis 'werk'. Dit is nie dieselfde soos by die werk werk nie maar ek gaan steeds werk (myself besig hou). Kinders entertain is nou nie die maklikste werk wat daar is nie. En dan is daar herstelwerk en leer vir volgende jaar se studies.

Ek weet ek is nie die enigste wat vandag met verlof begin nie en dat daar ander is wat binne die volgende week op verlof gaan: aan almal geniet dit!

Tuesday, December 3, 2013

My November MO Fotos

Hier volg my November MO fotos vir die wat nou nie regtig belangstel nie:

My FULL MO:
 
My HALF MO:

 
My NO MO:

 
 
 
Vir al die mans met hulle snorre die Movember - wel gedaan! Onthou: Movember gaan oor man wees en leefstyl veranderinge vir manne - sodat hulle nie blootgestel word aan al die siektes wat met manwees gepaartgaan nie.


Sunday, November 10, 2013

Movember

Ek was heel oor ambisuees om te dink dat my snor lank genoeg sal wees om al 'n foto daarvan op die blog te kan sit:

Die hele week se ek vir die blerrie ding om vinniger te groei:
 
Daar is so baie snor opsies om van die kies! Ek wou die die rugby pale snor gegroei het...maar is nou net te dankbaar as enige iets uitkom!
Die grootste challenge is om verby my vrou te kom. Sy hou niks van die snor idee nie. Vir al die vroue wil ek se: ondersteun julle mans! Groei self 'n snor of qutex dit op julle naels (verkieslik opsie 2)
 
'n foto van my probeerslag sal nog volg....
 

Tuesday, November 5, 2013

Movember

Dit is weer Movember! Laas jaar het ek nie deel geneem nie en alhoewel 'n paar dae laat - gaan ek seker maak my snorretjie groei - en ondersteun ek die event.

Vir die wat nie weet waaroor dit gaan nie: Elke jaar in November groei manne hulle snorre om 'n bewustheid te skep oor prostaat kanker en ander man gebaseerde kankers. Die doel is om 'n manne aan te spoor om hulle gereeld te laat toets sodat kanker vroegtydig opgespoor en behandel kan word. Verder motiveer die gebeurtenis ook manne om 'n meer gesonde leefstyl aan te kweek.

My snorretjie groei van vandag af...en ek daag ander manne uit om dieselfde te doen! Teen Vrydag sal ek 'n foto van my snor op die blad plaas. As daar iemand andeers is wat ook sy snor wil adverteer stuur 'n foto na basieputter@gmail.com .

Thursday, October 24, 2013

Blou bulle

Daar is sommiges wat daarvan hou om met die bulle te spot: hierdie een is vir julle:
 
 
 
 
En vir al die ander NORMALE mense: 
 

Wednesday, October 23, 2013

Die lewe is nie monopolie nie

Mens is geneig om jou lewe met alles te wil vergelyk, en ek vergelyk dikwels myself tenoor ander: wat moes ek teen hierdie stadium in my lewe bereik het? ens. Ons vergelyk ons huise, voertuie en ander besittings met dit wat ander besit. Soms raak die vergelykings bietjie uit verhouding en vergesog!

Om monopolie te speel eis da jy op 'n sekere manier moet dink: jy moet eiendom so vining moontlik koop voordat die kompetisie dit koop, jy moet op die eiendomme bou om meer geld uit die kompetisie te maak (en dit so vining moontlik anders bou hulle op hul persele en dan het jy moeilikheid).

Die afgelope naweek het ek myself gevind waar ek my lewe vergelyk met die van 'n monopolie speletjie met die gedagte om so vining moontlik rykdom te wil versamel. Tot ek met dieper insig (seker maar van bo) besef dat die lewe nie 'n monopolie speletjie is nie. Eerstens in monopolie is mens wins bejaag - in die werklike lewe gaan nie alles oor wins nie maar is daar ook sosiale en geestelike aspekte wat vir die mens belngrik is. In monopolie kom kanse om eiendom te koop net eenmaal en as jy dit laat verbygaan dan het jy dit moontlik verloor  - dit is nie waar in die werklike lewe nie. Geleenthede kom partymaal daagliks op mens se pad. Monopolie is 'n speletjie terwyl die lewe 'n werklikheid is.

Moedswillig kom die gedagte dat wat help dit om die speletjie te speel en nie die "game" te geniet nie? Se Salomo nie dat alles 'n gejaag na wind is nie? Ek moet myself berispe... Basie jy moet meer die lewe geniet! Los nou die verdomde vergelykings!!

Groete

Monday, October 21, 2013

Never Gonna be as big as JESUS!

Nog een van my gunstellinge! Hierdie een is vir al die jong mense.


Sit die klank hard en geniet dit!

Jason Upton (2)

Dit is my tweede video van Jason Upton en ek dink ek moet so bietjie meer oor die ou se.

Ek het een van sy liedjies seker so 17 jaar gelede gehoor en die liriek het in my kop vasgesteek. Ek het onlangs probeer vastel waar die liedjie vandaan kom en op die naam Jason Upton afgekom.

Gedeelte van liriek:


Well, we live in a country supposedly Pharaohless
But all over town and in churches abide
Powerful weaklings who practice they're politics
Stealing from Jesus his beautiful bride
Whether you're Pharisees, Sadducees, heresies
You best get outta God's way!


Sien die hele liriek by http://churchbasics.blogspot.com/

Monday, October 14, 2013

Facebook

Facebook is verslawend...wel dit weet meeste van ons. Die gogga het my nooit regtig gebyt nie, of so het ek gedink!

Met die wat ek meer gereeld van die Gautrein dienste gebruik as vervoermiddel na my werk in Centurion het ek ook meer tyd op hande wanneer ek so alleen of op die bus of op die trein sit. Wat is makliker as om gou deur jou foon in jou facebook profiel te gaan?

Eers het ek begin deur na die fotos van my ou vriende te gaan - hoe pragtig! Meeste my ouderdom is getroud en het kinders. Opmerkend is dat meeste van die fotos om die kinders draai. My eie profiel het baie meer fotos oor my kinders as oor myself. Die fotos 'browse' alleen kan 'n aansienlike tyd van jou dag neem. Natuurlik is daar sekere profiele waar die fotos so mooi is dat jy dit weer en weer wil gaan kyk.

Dan is dit "about" gedeelte: dit is nou die gedeelte wat vertel waar het jy skool gegaan, was jy universiteit toe en ander persoonlike inligting. Wat het al die ander (meeste skool) vriende met hulle lewens aangevang? Ek het nooit verwag om te sien hoeveel van die ou vriende land-uit is nie.

Ek het gehoor hulle se dat Facebook jou depresief kan maak. Dit gaan glo daaroor dat jy jou eie lewe vergelyk met ander sin en dan voel dat jou lewe baie 'boring' is. Wel ek raak nog nie depresief nie! Wat my wel laat wonder is hoe is dit dat al die vriende wat ons op skool so "gemiddeld" was (dit is nou die wat nie uitgestaan het uit die 'crowd' nie) nou eweskielik so interessant geword het?

Daar is 'n grappie oor Facebook op die internet wat naastenby soos volg gaan: "As jou facebook foto 'n foto van jouself is: is sekere mense (dit is nou die manne) seker 'cyborgs' - want hulle het 'n foto van 'n voertuig op hul profiel!

Lekker lees op facebook!

Thursday, October 10, 2013

'n Gejaag na wind

Daar is 'n liedjie wat gaan oor die gejaag van die lewe. Ek het die woorde aangeheg.

Ons hoor orals ons moet 'n visie he...'n plan he wat ons moet na streef. Gewoonlik motiveer ons visie ons om nuwe hoogtes te bereik - en dit is goed! Die probleem is wanneer ons so gefokus is op die visie dat ons die reis na die verwesenliking van die visie nie geniet nie. Sal die bereik van ons mikpunte vir ons 'n anti-klimaks wees? Sal alles die moeite werd voor gewees het om na te streef?

Liewe leser ek wil u nie negatief beinvloed nie, inteendeel wil ek u motiveer om elke dag te geniet. Die waarheid is dat elke dag wat verby is - is vir altyd verby...en ons kan dit nooit weer oor he nie. Ons moet die beste uit elke dag haal maak nie saak wat die lewe aan ons opdis nie. 'n Visie is baie goed en ons almal moet weet waarnatoe ons gaan, maar die bestaan van 'n visie waarborg nie geluk nie. Streef met blydskap!




Gejaag na wind by Seereus.
Gejaag na Wind
(Vula ama phigo)
Gedagte: So ‘n ou spreekwoord kry vir my nuwe betekenis en dra krag in die woorde vula ama phigo wat beteken sprei jou vlerke.

Vers
Ons doen nie wat ons graag wil nie, ons gee nie wat ons kry nie.
En hoop dan al ons goedheid op terwyl ander dit benodig.
Ons kom nie by mekaar uit nie, ons maak nie meer die tyd nie.
In ‘n daaglikse gejaag na status kry ons veels te min rus.
Pre-koor
En duidelik is ons maar net mens in ons strewe na sukses.
Die liefde word benodig in ons jaar-na-jaar bestaan.
Koor
Gejaag na wind, op soek na iets.
Gejaag deur iets, op soek na wind.
En wanneer jy jou antwoord kry; sou jy dit nog wou hĆŖ??
Vers
Vandag het jy meer geld gemaak om beter brood te koop,
want dalk is daar geluk versteek in jou raaisel lewensloop.
As die vlerke van jou vryheid uitgestrek gedroom word,
sal die onweer jou nie keer om te gaan sweef waar jy hoort.



Tuesday, October 8, 2013

Nuwe blog

Nog 'n nuwe blog deur myself. Het ek so baie om te se? Nee.. nie regtig nie. Die ding is ek soek 'n blog waar ek my eie opinie oor die kerk kan lig en terselfde tyd baie "gratis" bronne "resources" kan versprei aan enige iemand wat sou belangstel. Gaan kyk gerus oor die volgende paar weke hoe die inhoud in die blog vergroot. http://churchbasics.blogspot.com/

Groete,

Wednesday, October 2, 2013

Gautrein

Het besluit om van die Gautrein dienste gebruik te maak as vervoer na my werk (en natuurlik terug), vandag. Die ervaring was glad nie so sleg as wat ek gedink het dit sal moontlik wees nie.

Eerstens moes ek met die bus vanaf die huis stad toe vat. Dan die groot kopseer om die Gautrein bus-roete stop te kry in die stad. Mens is bang vir die stad want daar is so baie mense... en daar is die verskuilde idee dat in die stad die skelms op die strate rondloop. Wel ek het geen skelm raakgeloop nie. Inteendeel die stads mense was gaaf genoeg om my na die Gautrein bus stop te verwys. Eers op die Gautrein bus gaan alles vining en maklik. Die bus vat jou reg in die stasie in... en in 'n kwessie van +- sewe minute is jy op die trein en nog sewe minute in Centurion.

Nou ja - die terugtog wag nog...

Groete,

Tuesday, October 1, 2013

Om Kontroversieel te wees.

Jammer ek was bietjie af met studie verlof - maar is nou weer hard besig met my Blog!! Ek het baie interessante dinge wat voorle vir die blog so hou hierdie spasie dop!!

Hiermee 'n artikel wat ek geskryf het oor kontroverse:
Mens hou oor die algemeen nie van mense wat kontroversieel is nie. Inteendeel word mense wat kontroversieel is gesien as persone wat altyd ‘n stryery of ‘n punt van konflik veroorsaak. In hierdie baie kort artikel wil ek dit juis aanmoedig om kontroversieel te wees.

Die HAT definieer die woord kontroversieel as “Wat aanleiding gee of kan aanleiding gee tot kontroverse” , en definieer die woord kontroverse as “Pennestryd, twispunt onder geleerdes”.

Soos reeds genoem by my inleiding is ons geneig om vandag met ‘n frons te kyk na mense wat kontroversieel is. Verder is ons as mens geneig om dit wat ons as kosbare waarhede of kennis vir ons self opgemaak het te beskerm teen alle koste, en persone wat hierdie waarhede van ons wil kom deurmekaar maak word gesien as “pasop”persone. Ek wil kontroversiele gesprekvoering egter aanmoedig en vir die volgende redes:

Dikwels wys die vrae van kontroversiele persone op swakhede in ons sienswyses of teologie. Natuurlik hou ons nie daarvan nie want dit krap ons sienswyses deurmekaar. Maar nou gee dit ons die geleentheid om weer ons sienswyses (of natuurlik ons teologie) onder die vergrootglas te plaas en om ‘meer’ ,en by meer word bedoel duideliker en beter, verklarings vir ons sienswyses te kry. Deur hierdie proses word ons oorspronklike sienswyse sterker en beter. Kontroversie kan dus lei dat ons ons sienswyses verbeter.

Kontroversie word ook dikwels gekoppel aan Post Modernisme. Die postmoderne sienswyse dat waarheid altyd vloeibaar is en nooit konstand is nie kom hier na ons gedagte. Daarom word daar gese dat postmoderne persone geen waarheid het nie. Dit is egter nie ‘n ware weergawe van die postmoderne sienswyse van waarheid nie. Postmoderne sienswyse moedig eerder gesprekvoering aan oor waarheid. Vanaf ‘n postmoderne sienswyse is waarheid nie net waarheid omdat dit aan ons oorgedra is deur vorige generasies of omdat dit so aan ons geleer is nie. Postmoderne sienswyse se inderdaad op ‘n individiele vlak: soek die waarheid jouself! My oortuiging is dat postmoderne persone dikwels sterker oortuigings, sienswyses en waarhede het omdat dit wat hulle het (glo)- hul by hulself opgemaak het.   

As nog ‘n punt wil ek graag noem dat alles wat nuut is dikwels vir ons kontroversieel voel. As mens hou ons nie van verandering nie. Ons lewe egter in ‘n snelgroeiende en veranderde omgewing. Tegnologiese vooruitgang en wetenskaplike uitvindsels is op hul hoogste. In hierdie tydperk verander die teorie van meeste van die wetenskappe se inligting dikwels. Albert Eienstein het gese toe hy op die deurbraak was van ‘n nuwe uitvindsel dat dit vir hom voel asof hy in die lug staan met geen fondasie onder hom nie. Die rede vir hierdie gevoel was omdat hy homself bevind het waar niemand anders hul bevind het nie, hy het himself bevind in onbekende tereine. Dit is juis op hierdie onbekende gronde wat student aangemoedig word om te beweeg in hulle Doktorale studies. Op Doktorale vlak moet jy ‘n toevoeging tot die wetenskap maak. Die vraag is as nuwe sienswyses oin wetenskap aangemoedig word waarom skiet ons die kontroversiele gespreke van mense so maklik af.

 Op Teologiese vlak het ek die volgende te se: Die NG kerk het reeds in die 90tige jare kontroversiele studie gedoen oor kerk finansies, die Baptiste kerk het in die vroe 2000 reeds studie oor Postmodernisme en “Simple Structures” gedoen wat ons vandag as kontroversieel sien. In teendeel by beide van die genootskappe word joernale gepubliseer met die sienswyses van die opkomende kenners in hul vakgebied. Hierdie sienswyses is nie altyd korrek nie maar word aangemoedig. Kontroversiele gespreke is nodig en moet binne in elke organisasie aangemoedig word en bespreek word in ‘n nie vyandige omgewing.   

As afsluiting  wil ek noem dat ek nie vir rusie en twis onder broers en susters staan nie en dit ook glad nie aanmoedig nie. Ek dink ons het nodig om meer toeganklik te wees teenoor persone wat anders as ons dink. As ons nie van iets hou nie dan het ons die reg om ons eie sienswyse te vorm maar ons het nie die reg om ander se sienswyses simier af te skiet nie. Kontroversiele gespreke moet nooit lighartig wees met die doel om ons te kry om ons sienswyses af te water of om laer standaarde te handhaaf nie. Kontroversiele gesprekke moet ons sienswyses versterk en ‘n groter liefde vir waarheid tussen persone opwakker.

Met hierdie kontroversiele gesprek... groete.

Tuesday, September 17, 2013

Die mens is 'n baie gekompliseerde wese!

Het gister toets geskryf vir 6 ure lank! Ek het myself so goed moontlik probeer voorberei vir hierdie toets moontlik. Sondag al die middag begin afskaal met al my leer en werkies. Vroeg gaan stort. Lekker voor die televisie gesit en rus vir so 'n uurtjie en toe so 9 uur gaan probeers slaap. Dit is hier waar die probleem ontstaan het aangesien ek nie aan die slaap kon raak nie. Maak nie saak wat ek doen nie niks wou werk nie: ek het gebid - skape tel het ek nog nooit probeer nie -, ek het aan my lekker plek gedink (dit is natuurlik die plek waarvan jy die meeste hou - myne is by die see), ek het myself ingedink hoe ek 'n krieket wedstryd speel... Niks wou werk nie.

Hoe later die aand word hoe meer gefrustreerd het ek geraak en hoe minder wou die slaap nader kom. Het later maar weer opgestaan en televisie gaan kyk. Ek kon my liggaam nie vertel om af te skakel nie. Ek het myself so voorberei vir die toets dat my liggaam natuurlik homself voorberei het deur ekstra adrenalien of iets te pomp (ek se iets want dit was "potent").

Noodloos om te se het ek die aand minder as drie ure se slaap in gekry! Na gister se 6 ure toets het ek laas nag soos 'n babatjie geslaap.

Thursday, September 5, 2013

Ons lewe in ons eie denkbeeldige wereldjies.

Hoe ontnugter voel ek nie nou dat ek besef dat ek weer die ou fout begaan het deur myself so in te leef in my eie wereldjie dat ek werklikheid of verskillende persepsies van werklikheid vergeet.

Ek kies doelbewus die woorde "denkbeeldige wereldjie" omdat dit is waarin ons vasgevang word: 'n klein gedeelte van die werklikheid. Kom ek verduidelik deur 'n voorbeeld te gee. So 'n paar jaar terug gaan ek deur 'n rowwe gedeelte van my lewe met huweliks-probleme. My vrou se ervaring was dat alles in ons huwelik verkeerd was. My ervaring was dat alles weer dood dollies was. Ek en my vrou se ervaring van dieselfde huwelik was verskillend. Toe gaan sien ons 'n beradder en ons kry weer 'n derde pretjie van iemand anders wat met meer insig in ons huwelik gekyk het.

Ek dink ons leef ons so in die wereldjie wat ons vir onself in ons kop geskep het dat ons nie oplet wat regtig gebeur nie. Dit is soos om na jou lewe en dit wat met jou gebeur te kyk deur 'n spesiale bril. Die bril se lense is dit wat ons glo ons sien of dit wat ons wil sien.

Partykeer is dit goed om weer net uit jou eie wereldjie geskud te word sodat jy weer kan ervaar dit wat ander ervaar.

Op die oomblik voel ek heel goed oor my lewe. Ek is nie waar ek wil wees nie maar ek werk daaraan. Dan kom die ontnugtering: dinge is glad nie so in plek soos ek gedink het dit is nie. My bril van wat werklik besig is om te gebeur kort instelling en fokus. Ek het nodig om weer veranderings binne myself te maak en dan sekere aksies te neem om my lewe in die regte koers te kry.

Ek nooi u uit liewe leser om ook weer deur nuwe brille na u lewe te kyk en te sien of dit wat jy gedink het jy sien nie net 'n wens was nie.

Hard besig om te studeer!!!

Ek is Hard besig met my studies...

Jammer ek sal moet minder chat!!

Tuesday, August 27, 2013

Om goed te doen

Daar is niks beter in die lewe as om goed te doen nie. Ek dink Salomo se dit die heel beste: terwyl ons nog lewe kom ons doen goed. Die dood is so finaal! As ons gesterwe het is daar nie meer geleentheid om goed te doen nie. Hierdie lewe is ons geleentheid. Ons moet die kans nou anngryp! Nie net om goed te doen nie maar ook om maksimaal uit hierdie lewe te put. Dit wat jou hand vind om te doen, doen dit. Gryp elke geleentheid aan. Probeer nuwe dinge. Verken nuwe grense. Dit is ons geleentheid nou om dit te doen.

Prediker 3:12 So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe.

Gryp die lewe aan.

Monday, August 12, 2013

‘n Kind wat lekkers gekry het.


Laas nag droom ek - en soos meeste van die tyd onthou ek slegs ‘n baie klein deel van die droom – kom ek vertel. Ek droom ek en my vrou stap langs ‘n grondpad en ek sien ‘n R1 op die grond le en tel dit op baie bly omdat ek vir my en haar lekkers daarmee kan koop. Ek voel soos ‘n skoolseun wat geld het vir snoepie. Soos ek verder stap sien ek al meer en meer geld orals rondle en ek begin dit optel. Dit is R1’e en R2’e ens. – nie honderde nie, maar dit maak my steeds bly. Hoe meer geld ek optel hoe meer lekkers sal ek vir haar en my kan koop. Ek kon my geluk nie glo nie: ek tel so baie kleingeld op wat ander mense nie raakgesien het nie.

Ek dink partymaal moet ons die R1 en R2 van die lewe waardeer. Dit bring ons daardie klein gelukkies wat ons baie maal van vergeet. Partymaal gaan dit nie eers oor die geld nie maar oor die klein dingetjies in die lewe wat ons gelukkig maak. Dit is nie die groot vakansies of die spesiale kuiertjies of byeenkomste wat altyd saakmaak nie -  partymaal is dit die saam lag saam met kinders, laat slaap oor die naweek, rustig luister na die val van reen op die huis dak en al die ander klein dingetjies wat ons so maklik aanvaar as net normaal.

Wat is die klein dingetjies wat vir my vandag opwinding gaan bring?

Wednesday, August 7, 2013

Die Rigters,


Daar was ‘n tyd in die geskiedenis van die volk – nog voordat hulle ‘n koning gehad het – dat God hulle gelei het met Rigters. Ek se vir my kinders dat die werk van die rigters was om rigting aan te wys vir die volk van Israel. Interessant was dat die Rigters nie eerstens deur die mense gekies was nie, dat hulle nie spesiale opleiding gehad het nie en dat hulle almal nie dieselfde karakter eienskappe gehad het nie. Die Rigter was deur God gekies met die karakter eienskappe wat hy gehad het spesifiek vir die omstandighede waarin die volk was en om die volk te help verlos uit die hand van die vyande.

Ek glo in vandag se tyd kort ons ook nog die werk van die Rigter: iemand wat ons kan help om die regte besluite te maak, wat ons die regte rigting kan wys om te gaan. Hierdeur se ek nie dat ons nie direk na God kan gaan om ons rigting te wys nie dit klink net heelwat makliker as iemand vir jou die rigting kan wys.

Partymaal is ons die rigtingwysers vir hierdie wereld en partymaal wys ons vir mekaar die rigting wat ons moet gaan. En dit is nie altyd die gelowiges wat ons rigting wys nie - partymaal moet ons luister na die kinders, die armes en die behoeftiges – hulle gaan ons dwing om iets te doen waarvoor ons nie eers ‘n stem nodig het om vir ons te se om te doen nie – om reg te doen aan hulle wat dit die nodigste het.

Tuesday, August 6, 2013

‘n Goeie en regverdige man.

Ek lees in die Bybel waar dit sekere manne noem "goed"en "regverdig". Ek wonder of daar in vandag se tyd nog sulke mense is wat genoem kan word goed en regverdig. In my beroep word daar van ‘n mens geeis om baie eties te wees. So ook word daar in baie ander beroepe verwag dat die mense wat die bedryf beoefen baie eties moet wees. Die probleem egter is waar trek ons die lyn van wat eties is en wat nie eties is nie. ‘n Vriend van my se "vir my is dit net swart of wit, reg of verkeerd", tog voel dit vir my of daar ‘n grys area is met verkeie skakerings en dieptes van grys. Dit blyk of dit praktyk is in vandag se samelewing om die lyn van reg self te bepaal en dan die lyn te beweeg soos dit jou pas. En ja wie kan die eerste klip gooi? Ons almal het mos die spalk in ons oog! Ons kyk verby die verkeerd en bring ‘n nuwe konsep van reg…die idee dat daar in almal die slegte sowel as die goeie teenwoordig is - en dat die mens oorwegend goed is. Die nuwe teorie klink baie belowend en kan tog ‘n mate van waarheid bevat, tog weet ek van manne wat mens kan noem goed en regverdig. As ek na myself kyk sien ek te veel areas van grys en weet ek dat daar aan myself gewerk sal moet word.

Here leer ons om te wees: "Goed"en "Regverdig".

Tuesday, July 30, 2013

Raadsman


Isa 9:6  (9:5) Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors—

Hoe dikwels die laaste paar weke moes ek besluite neem wat moeilik is om te maak. Vir van die besluite kon ek verkeie alternatiewe kies en dit blyk of die verskillende keuses almal my by ‘n voordelige resultaat bring. Die probleem egter is dat jou besluite die roete is wat jy kies om te volg - en jy kan slegs een roete volg! Dan weer kan mens nie die toekoms in staar om te kyk wat die werklike resultaat van jou besluit was nie. Mens kan slegs die besluit neem op die inligting voorhande en die ‘guts’ gevoel in jou maag – of so het ek gedink!

Nadat ek een oggend die gedeelte in Jesaja gelees het besef ek : maar ek het al die raad tot my beskikking! Jesus is ons Raadsman! Ek het besluit om van my moeilikse keuses met Jesus te deel in gebed. Ek het berusting gevind dat my Raadsman my sal help met my besluite en gewag op die antwoorde op my vrae. Ja Jesus antwoord ons. Partymaal deur ander mense partymaal die Bybel en ook partymaal praat Hy met ons met ‘n stem in ons binneste. Die geheim is ons moet Sy stem herken en dit dan volg.

Ja ek staan nog voor baie ander moeilike besluite wat ek moet neem en ek weet hoe ek dit gaan benader. Liewe leser ek moedig u uit om nes ek u besluite voor die voete van die Raadsman te plaas. En ek het absoluut vertroue dat die antwoord van die Here die mees voordeligste antwoord is wat ons kan kry.

Rus in die vrede van die Almagtige.

Monday, July 15, 2013

My gunstelling broek


Net nou die dag trek ek my gunstelling broek aan. Die broek is al effe uitgewas en het al lankal sy beste dae geken. Maar ek trek die broek aan omdat ek van die broek hou en omdat die broek al so ‘n lank pad saam met my kom. Nou dink ek: wanneer het ek die broek gekry?

Dit was 3 miskien 4 jaar gelede: ek het vergeet om vir my klere in te pak vir die laat middag squash saam met my broer. Dit was te ver om terug te gaan huis toe en ek besluit om sommer vir my ‘n goedkoop hemp en broek te koop vir die squash. Gelukkig het ek die meeste van die tyd ‘n spaar stel tekkies in my kar se boot. By die naaste PEP soek ek toe vir die goedkoopste hemp en broek wat ek kan sien. My gunstelling broek was die goedkoopste broek wat daar was. Eers het ek gedink dat daar iets fout met die broek was – hoekom is die broek dan so goedkoop? Ek besigtug die broek om foute te soek – daar was geen. Wel dit was die goedkoopste broek en daarom het ek die broek gekoop. Die broek het die een game squash gehou en daarna nog baie ander games en het sommer vinnig een van my gunstelling broeke geword.

Hoe is dit dat die goedkoopste broek in PEP een van my gunstelling broeke geword het? Die mense by PEP moes seker nie van die broek gehou nie en daarom was dit so ver afgemerk. Die waarde van die broek vir my en die waarde van die broek vir PEP is gedryf deur persepsie. PEP het nie van die broek gehou nie en daarom was sy prys laag. Ek heg egter baie waarde aan die broek.
Die waarde van elke mense word gedryf deur persepsie. Ons moet egter beluit wie se persepsie is dit wat saakmaak. Gaan die wereld ons waardeer: dan moet ons 'n prys verwag wat die wereld aan ons koppel. Die wereld se prys is veel laer as wat ons regtig werd is. Ek stel voor dat ons onself eerste self moet waardeer: ons het nodig om aan ons selfbeeld te werk en onself die hoogste waarde moontlik te waardeer. Tweedens en meer belangrik: ons het nodig om te weet wat die waarde is wat God aan ons koppel: natuurlik die hoogste waarde wat daar is aangesien Hy vir ons gesterf het.
Ons moet die struk van persepsie probeer mistrap, ons moet nie toelaat dat ons waarde deur ander bepaal word nie!
Ek vertel soms aan my kinders oor hoe my muur gelyk het in  my kamer toe ek nog op huis was: as jongman het ek self gesukkel om my waarde te bepaal. Ek het egter gou uitgevind dat die wereld nie die beste vir elke individie soek nie. Ek het myself opgebeer deur op my een kamer muur boodskappe vir myself te skryf soos "Basie jy is baie belangrik", "Jy is die oogappel van God se oog", "Daar is niemand soos jy nie", ens. Met die lees van die boodskappe elke dag is my selfbeeld opgebou.
Mag jou waarde wees ver bo die waarde wat mense, instansies of die werled jou gee. Mag jy uitblink soos 'n ster in die donker nag. Mag jou afskynsel die vermoe he om ander te dryf om net soos jy te wees.
Tot weersiens,
 

Thursday, June 13, 2013

Weinig minder as ‘n goddelike wese


Ek en die kinders lees hierdie gedeelte laas nag in Psalms 8.

Psa 8:3  (8:4) As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het—

Psa 8:4  (8:5) wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?

Psa 8:5  (8:6) U het hom ‘n weinig minder gemaak as ‘n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.

Ek verduidelik vir hulle... om te se jy is ‘n koning of prinses beteken jy is spesiaal... maar as die Skrif se ons is weinig minder as ‘n goddelike wese dan weet ons ons is almal baie spesiaal. 

Verder verduidelik ek: as iemand jou vra “ag wie is jy?” dan moet ons se “weinig minder as ‘n goddelike wese”.

Weet ons regtig hoe belangrik ons is? Daar is niemand anders waarvoor die Koning van die Konings gesterf het nie. Nie die aarde of enige ander skepping is so belangrik soos ons, inteenteel die gedeelte in Psalms se dit is aan ons onderworpe. Om te dink daar bestaan ‘n aarde, sterre, maan, son en planete en alles daarop slegs vir die rede dat daar ‘n mens kans wees!
Wie is jy liewe leser? "Weinig minder as 'n goddelike wese"

Monday, June 10, 2013

Bloedgeld is betaal

Die rede vir 'n blog soos hierdie een is om 'n platform te kan he om te se hoe ek voel sonder om te vrees. Dit is om my kontroversieele kant na vore te bring. Daarom sal ek met tyd 'n tweede blog begin "polities korrek" waar ek meer statig en met die kultuur van die tyd spreek.

Tog kan ek nie net spreek wat ek wil nie: laas nag het ek 'n droom gehad en asgevolg van die sensitiwiteit van die droom kan ek dit nie in detail op hierdie blog deel nie. Wat ek wel kan se is dat daar teen die einde van die droom deur 'n persoon aan my gese is dat: "die bloedgeld is betaal" (bloedgeld is amper op). Wat kan dit beteken?

Normaalweg sal ek my nie veel aan drome steur nie maar hierdie een pla my. Daarom probeer ek dit ontleed. Bloedgeld is gewoonlik geld wat deur 'n persoon aan 'n familie betaal word waar daar 'n persoon was in die familie wat 'n slagoffer was van 'n gebeurtenis. Dit verduidelik dit effens maar ek weet steeds nie wat die drrom beteken nie.

Van miskien 'n ander oogpunt kan dit in 'n geestelike konteks beteken dat die straf is amper klaar. Dat die prys vir verkeerd betaal is.

Ek sal nog 'n bietjie tob oor hierdie een.

Tog weet ons dat Jesus die volle prys betaal het waar ons die skuldiges was en nie eers Hy nie. Sy bloed was die volle gewig vir al ons sondes.

Fantastiese dag. Mag die vrede van God jou dag opvul!

Dankie Lindie vir hierdie een:
 
A little boy and his father visited the country store, upon leaving the store the owner of the store offered the little boy some free candy.
“Get a hand full of candy” the merchant said to the boy.
The boy just stood there looking up at his father. The owner repeated himself, “Son get a hand full of candy, it’s free.”
Again the boy did not move continuing to look up in the face of his father.
Finally the father reached into the candy jar and got a hand full of candy and gave it to his son.
As they walked back home, the father stopped and asked his son why he did not grab a hand full of the free candy.
The boy with a big smile on his face looked into the face of his father and said, “Because I know that your hand is bigger than mine.”

Whatever your needs may be today, place it in your Father’s hand, because His hand is much bigger than yours.
Fantastiese dag word jou toegewens

Saturday, June 8, 2013

Die geleentheid vir verkeerd staan voor die deur!

Hoe waar is dit nie. Die geleetheid vir verkeer is baie... net soos die geleentheid vir reg ook baie is. Partymaal is die verkeerd so naby en so maklik ons kan net ons hand uitsteek en daaraan raak. Ja ek net soos jy word getempteer deer so baie...

Ek het 'n spreuk-ding wat ek deel van my lewe gemaak het van jong dae: "Die duiwel se aanval is die ergste voor en na 'n groot deurbraak!" En ek glo ek staan voor 'n deurbraak!

Mag jy elke geleentheid vir verkeerd gebruik om te kies om reg te doen. Mag elke negatiewe verander in 'n positiewe!

PS, LEKKER AAND!

Tuesday, June 4, 2013

Ek is in Kaapstad! Wat 'n belewenis!

Dit is nou hier baie koud en die reen val af en toe... maar dit bly een van die mooiste plekke in Suid Afrika. En die beste is die normale pas van die lewe. Die gejaagdheid van Gauteng is vir eers vergete? Nie regtig nie... ek is hier vir werk en moet seker maak ek werk soos wat dit van Gautengers verwag word.

Hoop om 'n paar fotos op die blog te pos.

Mag jou dag - hoe koud ookal - vir jou net vreudge bring.

Groetnis,

Friday, May 31, 2013

Die liefde en geld werk nie altyd saam nie. Partymaal is dit die liefde vir geld wat die probleem is! Ek hoor nou die dag 'n gesprek op Focus on the Family oor hoeveel gesinne opgebreek word asgevolg van finansies. Die probleem is glo dat mans en vrouens nie altyd dieselfde voel oor geld nie. Een party spandeer geld makliker as die ander (en dit is nie noodwendig die vrou nie), ens.

Ek kan glo dat finansies groot stremming op 'n verhouding plaas. Ons (ek en my vrou) gaan nou deur so 'n ondervinding. Deur my persoonlike lewe persoonlik te wil behou sal ek maar net se dat ek kan insien dat mense baie omgekrap kan word oor die onderwerp van geld. Hoe dan nou gedaan? Ek het my persoonlike insien oor die saak. Ek wonder of dit nie soms beter is vir een party in 'n huwelik - en verkieslik die verandwoordelike een - om die gesamentlike geld van 'n paartjie te bestuur nie. Ek kan sien hoe dit weer ander probleme kan veroorsaak soos dat die een part mag voel dat hy/sy nie vertrou word nie. 'n Gesamentlike begroting waar beide partye insae het kan 'n moontlike antwoord wees vir bogenoemde; waar slegs een party daarna sorg dat die begroting wel nagekom word.

Die ander opsie is om geld weg te steek. Hieroor wil ek nie nou praat nie.

Genoeg gese vir nou...anders sit ek met ander moeilikheid!

Lekker dag. Mag jy genoeg geld maak dat jy nie daarna hoef te begeer nie!

Thursday, May 30, 2013

Vandag agter in 'n ander voertuig vasgery. "'n Ongeluk gebeur so vinnig". Dit klink amper repiterent...die woorde wat almal altyd se. Nou ja dit is die waarheid...ek het dit self so ervaar. Nie 'n ervaring wat ek weer wil deurmaak nie.

In die lewe is daar sulke tye...die onvoorspelbare! Wat sal die lewe wees sonder dit? Partymaal maak die onvoorspelbare seer...ander keer neem ons net notusie daarvan. Die ander oggend hoor ek oor Impact radio die prediker herhaal die woorde in geskryf in Johannes:
Joh 15:1 - 2Ek is die ware wynstok, en my Vader is die landbouer.
Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke loot wat vrug dra, diƩ maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.
Nie altyd nie maar soms is sekere gebeurtenisse in ons lewe 'n tydperk van skoonmaak. Dit is 'n tydperk wat ons moet deurmaak om meer vrug te kan dra.

Glo nie vanoggend se vasry in die ander voertuig was so 'n tydperk nie (van skoonmaak). Het maar net daaraan gedink.

Veilig ry!

Geniet jou familie!

Vrede!!

Tuesday, May 28, 2013

Nostalgie: die verlange na iets in die verlede. Dit is hoe ek voel vandag. Ek dink terug aan my Umtata dae en alhoewel die 3 jaar nie op 'n hoogtepunt geiendig het nie was dit steeds van die drie beste jare van my lewe. Die verlange na die mense en vriende is groot. Toe ons daar weg is het ons probeer om alle kontakte liewers te verbreek terwille van onsself en die wat agtergebly het (ons wou nie onnodige hartseer veroorsaak nie). Tog vir 'n prediker is drie jaar 'n lank tydperk en die verbreking van die verhouding het gevoel soos 'n egskeiding. Net soos by 'n egskeiding is daar die kwaad gevoelens, die gevoel dat jy verwerp is en natuurlik die verlange (ek glo maar dit is so - wel dus hoe ek gevoel het).

Nou ja dus amper tien jaar gelede...

Koester jou verhoudings...
So die boodskap vanoggend gelees:

Eli tugtig nie sy seuns nie en daarom moet God die tugroede opvat. Ons doen nie ons kinders enige guns deur hulle toe te laat om maar net hulle gang te gaan nie. As daar nood is vir regstelling moet dit gedoen word. Basta of die kind daarvan gaan hou of nie. Darem nie heeltemal so erg nie. Maar verbeel jou: God moet ingryp omdat jy nie jou kant bring nie. Waar? Eerste paar hoofstukke in Samuel

Friday, May 10, 2013

Ek wil nie begin soos almal altyd sal begin nie... kyk na my blog...los komentaar... Hierdie blog is vir my bedoel. Dit gaan oor my lewe. Hou jy nie daarvan nie dit het niks met my te doen nie.